Burgemeester Macpherson toets positief vir Covid-19

Chris Macpherson, die DA se kandidaat vir die pos van burgemeester.

DIE Groter Oudtshoorn se burgemeester, Chris Macpherson, is in isolasie nadat hy positief getoets het vir Covid-19.

Volgens Macpherson het hy sy dokter Vrydag besoek en daarna vir ‘n Covid-19-toets gegaan.

“Ek het onmiddellik in kwarantyn gegaan, en is vandag in kennis gestel dat ek positief getoets het. Ek sal vir die voorgeskrewe tydperk in isolasie bly.

“Ek wil ‘n beroep doen op almal om voorkomende maatreëls te tref. Ek het reeds diegene met wie ek in nabye kontak was, persoonlik ingelig.”

Macpherson sê sy simptome is matig. Hy het ‘n beroep op inwoners gedoen om die drie basiese reëls van sosiale distansiëring, hande was en die dra van maskers na te kom.

“Ek sal my bes doen om virtueel kontak te hou met my kollegas, kantoor en die inwoners van die dorp.

“Ek hoop en bid dat julle almal gesond is en glo dat ons die toewyding het om die virus te oorwin.”

1 Comment on "Burgemeester Macpherson toets positief vir Covid-19"

  1. Linda Blaauw | 06/09/2020 at 21:31 |

    Sterkte hoop u word sommer gou gesond.??

Comments are closed.