Die nuwe bestuur van die Oudtshoorn Besigheidskamer is op Donderdag 20 Februarie tydens die AJV verkies.
Die AJV is in die Neelsie-teater by Arbeidsgenot gehou en is deur die KKNK geborg.
Abri Ferreira, voorsitter van die besigheids-kamer, het ’n oorsig van die besigheidskamer se aktiwiteite en belange by die ontwikkeling van die dorp gegee. Hy het ook lede van die besigheidskamer gelukgewens wat finaliste en wenners was in die AHI se toekennings in 2024 vir sakemense en sakeleiers.
Die bestuurslede van die Oudtshoorn Besigheidskamer wat Donderdagaand herkies en verkies is, is: Abri Ferreira, Sunet Rupping, Donna-Lida van der Berg, Jacobus Maloney, Hennie Davel, Amelia Lubbe, Helen Badenhorst, Hans van der Veen, Angelique Erasmus, Harry Coetzee en Zac Lipschitz. Franklin Cupido is as gekoöpteerde lid voorgestel. (HANNES VISSER)
Besigheidskamer verkies nuwe bestuurslede
