DIE burgerregteorganisasie AfriForum het verlede week sy Wes-Kaapse immuniteitsprojek in die Suid-Kaap voortgesit en naartjies uit die Langeberg-distrik aan verskeie ouetehuise en aftree-oorde geskenk.
“Met dié projek wil ons mense bewus maak van die voordele wat vitamien C vir jou immuunstelsel inhou. Ons het besluit om op bejaardes te fokus, aangesien hulle die kwesbaarste persone is om Covid-19 op te doen en moeilik van dié siekte herstel,” sê Arno Greyling, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap.
Die twee ton naartjies wat uitgedeel is, is deel van ’n skenking wat vanuit die Langeberg-distrik ontvang is.