■ Kyk hoe mors ’n besigheid in Adderleystraat op ons dorp. Dit lê met tye sommer dae lank so, want hulle hou nie by die vullisverwyderingskedule nie.
■ Graag wil die woonstelinwoners van Bellinganhof vir mev Baby van Rooyen en mev Lynette Nicol hartlik bedank vir die sop-mengsels wat ons ontvang het. Dit word opreg waardeer, veral in hierdie koue weer. Liefde
■ In watter provinsie is Oudtshoorn geleë? As jy in die strate ry, sal jy dink dit is in die Vrystaat, Gauteng, Oos-Kaap, Limpopo of Mpumalanga. Dis absoluut ’n skande, al die slaggate, bome wat se takke omtrent op die grond raak en vullis in die dorp. Dan wou inwoners nog die dorp inskryf vir Dorp van die Jaar. Dit is nie soos ek ons dorp die afgelope 44 jaar ken nie. Johan, Oudtshoorn
