
Die oud-Recce Wynand du Toit (regs) het verlede Vrydagaand by Headlines op Oudtshoorn ’n aandagtig-luisterende gehoor meer vertel oor hoe Operasie Argon en sy gevangenisskap in Luanda ’n impak op sy lewe gemaak het. By hom is Jaco Steenberg, sektor-ondervoorsitter op Oudtshoorn van die SA Weermagvereniging. Du Toit is die skrywer van Judas Bok, Josefskleed, S-98 en The Long Lost Grave, met sy volgende boek, Destiny, in proefleesfase. Sy volgende stop is Australië waar hy die SA Militêre Veterane Organisasie gaan toespreek. Foto verskaf