6 Goues vir De Krans

Links: De Krans se wynma­ker, Louis van der Riet.   Foto  verskaf

Bo: De Krans se wynma­ker, Louis van der Riet. Foto verskaf

DIE De Krans-privaatkelder buite Calitzdorp het sy reputasie as ’n produsent van wyn van hoogstaande gehalte gestand gedoen deur agt goue medaljes op twee gesag­heb­bende wynkompetisies te verower! De Krans het ses goue medaljes losgeslaan by die Vitis Vinifera Toe­ken­nings en twee by die Michel­- angelo Internasionale Wyntoekennings.

Die baie gewilde De Krans Premium Moscato Natural Sweet Perlé Wine 2017 was een van die goue medaljewenners op Vitis Vinifera. Dié semisoet wyn met ’n vonkel het een van De Krans se gewildste wy­ne geword sedert sy bekendstelling ’n paar jaar gelede.

Die ander wyne van De Krans wat met goud by Vitis Vinifer weggeloop het, is die Free Run Chenin Blanc 2017, die Touriga Nacional 2016 en Tinta Roriz 2016 uit De Krans se Portugese wynreeks en De Krans se twee Garden Route-wyne, wat op die landgoed geskep word van druiwe uit die Outeniqua-berge naby George, die Garden Route Sauvignon Blanc 2017 en Garden Route Pinot Noir 2016.

Al die wyne by Vitis Vinifera is “blind” geproe deur ’n paneel kundiges met die kompetisie wat fokus op wyne van gehalte wat teen redelike pryse verkoop word pleks van eksklusiewe en duur wyne.
• De Krans se Cape Vintage Reserve 2014 en Muscat de Frontignan 2017 is met goud bekroon by die Michelangelo Toekennings.