Thys du Toit (67). Foto verskaf
Deur Liesel le Roux
’N BEKENDE boer van Volmoed buite Oudtshoorn, Thys du Toit (67), is Sondagaand oorlede nadat ’n bloedklont deur sy long is.
Volgens sy seun Thys was sy pa tot met sy dood gesond en aktief betrokke by die boerdery.
Du Toit het grootgeword op Volmoed waar sy ouers geboer het. Hy en sy vrou, Letitia, was ook vanaf 1980 tot sowat vyf jaar gelede die eienaars van Thylitsia, ’n bekende gastehuis op Volmoed.
’n Roudiens vir Du Toit vind Vrydag om 10:00 in die NG Kerk op Volmoed plaas. Hy sal privaat veras word.
Hy word oorleef deur sy vrou Letitia, twee kinders, Thys en Lizanne, sy ma, Sussie du Toit (91), ’n broer, Bartel, en twee susters, Nellie de Bod en Nelie Pienaar.