Koue front op pad na Klein Karoo!

Koue en reën op pad.

Koue en reën op pad.

’N KOUE front wat teen laat Donderdagoggend deur die Klein Karoo gaan beweeg, gaan inwoners die volgende paar dae laat bibber.

Volgens Wayne Venter van die SA Weerdiens sal die kouefront koue en reënweer tot gevolg kan hê. Hy sê egter dit wil voorkom dat die kans vir sneeu op die berge nie so goed is nie.

So lyk die driedagvoorspelling wat hy aan Die Hoorn beskikbaar gestel het:

Donderdag 11 Mei: Gedeeltelik bewolk, word bewolk met reën moontlik vanaf laatoggend (60%). Min/Maks: 06/16. Vrydag 12 Mei: Gedeeltelik bewolk. Min/Maks: 05/17. Saterdag 13 Mei: Mooiweer. Min/Maks: 04/20. (Berig deur Liesel le Roux)