‘N INWONER van Oudtshoorn, Dolly McKay, het kort gelede groot geskrik toe die voorwiel van haar blou Volkswagen Polo – terwyl sy bestuur het – in ‘n gat in Parkweg weggesak het. ‘n Groot deel van Parkweg en Rademeyerstraat is tans onder water nadat ‘n pyp gebars het en McKay was besig om stadig deur die water om die draai te ry toe sy skielik gevoel het die regtervoorwiel van haar motor sak weg.
“Gelukkig ry ek altyd stadig en gelukkig was daar ‘n polisiebeampte op die toneel wat gesien het wat gebeur het,” het McKay aan Die Hoorn vertel.
(Foto: Schalk le Roux; Berig: Liesel le Roux)