DIE waterverbruik deur inwoners van die Groter Oudtshoorn het verlede week gedaal tot 9,6 ML/dag, sê Johan Uys, bestuurder grootmaatwater by die munisipaliteit.
Dit is nog beter as die verbruik van 10,09 ML/dag van twee weke gelede. Dit is binne die grens van 11 ML/dag, die grens waarbinne verbruik gehou moet word.