Vryheid van die Dorp-parade dié Vrydag

DIE inwoners van Oudtshoorn kan uitsien na ’n opwindende en indrukwekkende Vryheid van die Dorp-parade deur lede van die Infanterieskool wat Vrydag om 08:00 in Baron van Reedestraat plaasvind.

Die parade sal gepaard gaan met ’n kort seremonie waartydens die Groter Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, die Vryheid van die Dorp aan die Infanterieskool sal bevestig.

Die Infanterieskool het in Desember 1977 die vryheid van die dorp van die Oudtshoorn Munisipaliteit ontvang.