Deur Angelique Erasmus
’N MAN van Oudtshoorn, Willem Boshoff (38), is verlede week tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.
Boshoff is skuldig bevind op aanklag van verkragting. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en moet registreer op die seksuele oortreders-register.
Die voorvalle het tussen 2011 en 2014 plaasgevind terwyl die minderjarige slagoffer tussen die ouderdomme van sewe en 12 was.