TWEE kinders kan elk ’n uur lank gratis op Wilgewandel se waterglybaan gaan baljaar as hulle die twee pryse wen in ’n kompetisie om al die “nuusgoggas” in vandeesweek se Hoorn op te spoor.
Tel die nuusgoggas (sien foto regs) in hierdie koerant en kyk of jy ook die plek kan vind waar die nuusgogga sy web op Oudtshoorn gespin het.
Die nuusgogga is gehekel as deel van Die Hoorn se betrokkenheid by die reWOLusie-projek vir die KKNK.
Sms of whatsapp na 071 365 7978 of e-pos joernalis@hoorn.co.za met jou naam en van; die aantal nuusgoggas in Die Hoorn en die plek waar die nuusgogga sy web gespin het. Slegs kinders tussen twee en 18 jaar, wat kan swem, mag deelneem.
Die kompetisie sluit Maandag (25 Maart 2019) om 12:00. Pryse is drie maande geldig.