Deur Angelique Erasmus
OUDTSHOORN spog met twee splinternuwe vierrigting-stopstrate – op die hoek van Jan van Riebeeckweg en Rademeyerstraat asook op die hoek van St Johnstraat en Buitekantstraat.
Die doel van die nuwe vierrigtingstoppe is om botsings op dié twee straathoeke te verminder.
Die straathoeke is nou duidelik gemerk met stoptekens asook verftekens op die teer.