Die gewilde Chilli Bites te sien by ’n vorige optrede vanjaar. Hulle gaan bydra tot ’n Karibiese atmosfeer soos min by die Boer & Vark se rumfees. Foto: Schalk le Roux
TREK jou flip-flops aan en maak seker jy is Saterdagaand 10 November by die Boer & Vark op Oudtshoorn vir ’n Karibiese rumfees!
Dié gewilde restaurant en kuierplek bied die aand vanaf 17:00 ’n Craft Rum Fees aan waar Suid-Afrika se top craft rums te proe sal wees.
Die Chilli Bites, ’n groep top-musikante van Oudtshoorn, en DJ Brooks sal vir die musiek sorg, terwyl Karibiese kos en ’n ontspanne atmosfeer vir die res sal sorg. Kaartjies kos R50. Te koop by Boer & Vark of bel 084 701 4566.
Sien advertensie onderaan die bladsy.