
’n 23-jarige man het vanmiddag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn in verband met die moord op Preston Titus verlede Vrydagaand in sy huis in die weermagkamp op Oudtshoorn.
Titus, ‘n stafsersant by die Oudtshoorn Infanterieskool, se lyk is met verskeie steekwonde omstreeks middernag in sy slaapkamer gevind.
Die 23-jarige Cabiso Klip en ’n 37-jarige vrou is Woensdagaand deur die Oudtshoorn Polisie in hegtenis geneem, maar die vrou is Donderdagaand vrygelaat.
Klip moet weer op 13 Desember in die hof verskyn vir ‘n borgaansoek.