Met meganiese kake uit trokkie verwyder

Noodpersoneel van Oudtshoorn besig om Marthinus Blignault van George met meganiese kake te verwyder uit die ligte vragmotor wat hy bestuur het. Op die foto links onder word hy na die ambulans gedra.  Foto’s: Angelique Erasmus

2. George Ongeluk man op strecher

PSP Timbers se bakkie waarin Nico van der Merwe gery het. Op die foto hieronder is Nico van der Merwe.

PSP Timbers se bakkie waarin Nico van der Merwe gery het. Op die foto hieronder is Nico van der Merwe.

2. Nico van der Merwe 2

Deur Angelique Erasmus
’N MAN moes gister deur die Oudtshoorn Nooddienste met meganiese kake uit die ligte vragmotor wat hy bestuur het, verwyder word ná ’n botsing teen ’n bakkie sowat 15km buite Oudtshoorn.

Na wat verneem word, het die bakkie, ’n dubbelkajuit, by ’n stop-en-ry stilgestaan toe hy van agter deur die ligte vragmotor getref is.

Albei voertuie was in Oudtshoorn se rigting op pad toe die botsing plaasgevind het.

Die ligte vragmotor het ná die botsing sowat 120m verder in die veld tot stilstand gekom.

Die bestuurder van die bakkie, Nico van der Merwe van PSP Timbers op Oudtshoorn, is per ambulans na die hospitaal geneem, vermoedelik met ’n been- en rugbeserings.

Met die geweld van die botsing het ’n vliegwiel wat in bak van die bakkie was deur die bak se voorkant gebars en die agtersitplek plat gedruk.

Die bestuurder van die vragmotor, Marthinus Blignault van George, is met meganiese kake uit die kajuit gesny en het vermoedelik bobeen- en heup- en kopbeserings opgedoen. Hy is per ambulans na George geneem. Volgens kapt Louis Visser van die Oudtshoorn Polisie word ’n saak van roe-kelose en nalatige be-stuur ondersoek.