Kommer oor klinieklêer met pasiëntinligting in vullishouer gevind

File
Die Wes-Kaapse Regering se Departement Gesondheid in Oudtshoorn het vanoggend in ‘n persverklaring hul kommer uitgespreek oor ’n leêr met pasiëntinligting wat in ’n vullishouer buite die De Rust Kliniek gevind is.

“Die inligting in die leêr is vertroulik en sensitief en ons wil die gemeenskap ernstig aanraai om asseblief nie hierdie inligting te versprei nie,” sê Nadia Ferreira, woordvoerder vir die departement gesondheid in die Eden en Sentraal-Karoo Distrik.

Volgens Ferreira is ‘n klag by die Polisie ingedien en word die ongemagtigde verwydering van eiendom vanaf die kliniekperseel ondersoek.

“Die Departement het streng riglyne oor die berging van sensitiewe inligting, soos ou voorskrifte en manifeste,” sê Ferreira. “Die vertroulikheid van pasiëntinligting word vooropgestel. Dit word volgens beleid vernieting of in ’n argief geberg. Ons vra om verskoning vir die ongerief en wil die publiek gerusstel dat dit ’n uitsonderlike voorval is wat ondersoek en aangespreek sal word. (Berig deur Liesel le Roux)

Nadia Ferreira

Principal Communications Officer