INWONERS van die Groter Oudtshoorn kan ’n massiewe styging van 75% in watertariewe verwag indien die gesamentlike vlak van die Raubenheimer- en Melvilledam tot onder 30% daal.
Advertensies in dié verband verskyn vandeesweek op bladsy 11 van Die Hoorn.
Dit geld alle watertariewe bokant die verbruik van 6 kl.
Die vlak van die Raubenheimerdam het gister op 30,48% gestaan.
Die gesamentlike watervlak van die twee damme is tans 35,48%.