Willem Lamberts.
DIE Oudtshoorn Polisie is op soek na Willem Lamberts (44) wat Dinsdag as vermis aangemeld is. Lamberts is klaarblyklik sedert 5 Desember 2017 toe hy George toe is, soek.
Volgens kapt Louis Visser is daar op 17 Januarie ’n lêer vir hom by die George Hospitaal geopen en word vermoed hy werk dalk in George as tuinier.
Enigiemand met inligting kan die naaste polisiekantoor of ao Leon von Molendorff (044 203 9102) kontak.