DAAR is ’n moontlikheid van reën en donderbuie die naweek in die Klein Karoo, veral smiddags en saans.
Die Kaapse Weerkantoor van die SA Weerdiens voorspel die moontlike reën, met temperature wat die eerste deel van die fees bedags redelik hoog sal bly met temperature in die lae dertigs en hoë twintigs. Die aande behoort koel te wees.
Die voorspellings vir die naweek is die volgende :
Saterdag, 8 April: Gedeeltelik bewolk tot bewolk met verspreide buie en donderbuie in die aand. Min/Maks: 16/32.
Sondag, 9 April: Gedeeltelik bewolk met enkele buie en donderbuie in die middag. Min/Maks: 17/35.