Dit reën voorwaar altyd tydens die KKNK op Oudtshoorn. Na ‘n baie droë somer is Oudtshoorn sopnat na ‘n wonderlike reënbui vanoggend en ook reën gisteraand en deur die nag. So lyk dit tans by die ingang na die parkeerterrein voor Pick n Pay. En soos die weer in dié deel van die land maak, het die son reeds weer sy kop agter die wolke uitgesteek. Foto: Liesel le Roux