Baron van Reedestraat is Maandagmiddag dié plek tydens die KKNK om te wees wanneer die Vryheid van Oudtshoorn aan Evita Bezuidenhout oorhandig sal word. Dié verering van Suid-Afrika se bekende sosiale vlinder, selfverklaarde politieke aktivis en voormalige ambassadeur van Bapetokosweti begin om 16:30 in die straat voor die Queen’s Hotel. Almal is welkom by dié geleentheid!