Hierdie strate gesluit tydens die 2018 KKNK

VERSKEIE strate in Oudtshoorn sal weer vanjaar vir die duur van die KKNK gesluit wees vir verkeer.

Die strate sal gesluit wees vanaf 00:00 op Donderdag 29 Maart tot om 18:00 op Donderdag 5 April 2018:

Die strate is:
• Langenhovenweg, wat vanaf die Departement Onderwys se gebou op die hoek met Vredestraat tot by Voortrekkerweg gesluit word.
• Vredestraat, wat vanaf Langenhovenweg tot by die bruggie oor die Grobbelaarsrivier gesluit sal wees.
• Baron van Reedestraat, wat tussen Voor­trekkerweg en St Johnstraat gesluit sal wees.
• Olivierstraat tussen Baron van Reedestraat en die Checkers-parkeerterrein.
• Queenslaan tussen die Pick n Pay-parkeerterrein en Baron van Reedestraat.

Navrae oor dié straatsluitings kan gerig word aan die munisipale verkeersafdeling by sel 076 226 1707 of by tel 044 203 3000.