
SNOTKOP, een van die land se gewildste Afrikaanse sangers, tree dié Saterdag (7 September) vir die eerste keer op ’n granaatplaas in die hartjie van die Klein Karoo op.
Sy vertoning by Celebratio, granaatplaas langs die sementpad tussen Oudtshoorn en Calitzdorp,
Snotkop is bekend daarvoor dat hy treffer ná treffer uitreik. Sy jongste album, Sous, het pas goue status bereik, soos ook sy voriges, HKGK en Soos ’n BOSS. Hy spog reeds met ’n rits toekennings en die YouTube-video’s van sy liedjies is legendaries.
Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke. Konsertgangers kan uitsien na van sy grootste treffers, soos Agter op my fiets, Parapapa, Cool soos Koos Kombuis en Dikkelicious.
Maak jouself reg vir ’n groot partytjie onder die sterre van die Klein Karoo. Kom dans en sing dat die biesies bewe!
Kos- en wynstalletjies open reeds van 18:00 af en die vertoning begin om 20:00.
Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by www.celebratio.co.za, PostNet Oudtshoorn en die hek van Celebratio.