DIE 17-jarige Zack Botha het Saterdag se 343ste Oudtshoorn Parkrun met ’n tyd van 22 minmute 18 sekondes gewen met Johan Griffioen tweede in 23:50 en die 11-jarige Logan Ellis derde met ’n tyd van 24 minute 42 sekondes.
Chanelle Hoffman van die Strand Atletiekkklub was die eerste vrou met ’n tyd van 27 minute 11 sekondes terwyl Miemie van Niekerk die mylpaal van 200 parkruns bereik het.
Die 20 voorste drawwers van Saterdag se 47 deelnemers was Zack Botha (22:18), Johan Griffioen (23:50), Logan Ellis (24:42), Chanelle Hoffman (27:11), Johann Coetzer (27:39), Sean Coetzee (28:04), Marinda Botha (28:22), Johann Botha (28:23), Albertus Kennedy (29:21), Mona-Maré Griffioen (29:25), Hedi Roy (30:02), Melanie Fourie (30:28), Annemarie le Roux (31:15), Rozanne Theart (32:00), Maurizio Cardoni (32:46), Sonette Meyer (32:57), Charlene Joubert (33:34), Frans Joubert (34:35), Angela Smith (35:34), Jaco Maree (35:34), Marikie Theron (37:00).
- Die Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdagoggend by Surval Olyflandgoed aangebied en deelname is gratis. Wegspringtyd is 08:00. (Deur Garnett Wicomb)
