’n Trotse Rozelle oorhandig ’n wedstrydbal geborg deur Peter Buttner Sports in Bellville aan Dané wat Wes-Kaap Kleure in Netbal ontvang het die jaar. Dané is deel van die Wes-Kaapse Cedars o.13- span wat vanaf 24-28 Junie 2023 na Boksburg toer.
Graag wil ons as ouers net die volgende borge hartlik bedank wat Dané se netbaltoer moontlik maak:
Cango Wildlife Ranch, PHL Trust, Buffelsdrift Game Lodge, Peter Buttner Sports, Isstel Brockman, Fanie de Beer, Pieter Pretorius en Gavin Xu, asook elke persoon wat ’n lootjiekaartjie gekoop het.
Ons waardeer u bydrae om haar droom te bewaarheid.
Dané oppad na SA Schools NationalAll Ages Netbal Toernooi
Dané vd Westhuizen (links) en Rozelle Otto (regs) - afrigter van Laerskool Wesbank o.13A. Foto verskaf