Oudtshoorn se gewilde bergfietsryer, Yolandé de Villiers (46), Saterdag met haar trofee nadat sy die vroue-afdeling van die uitmergelende Attakwas Uitdaagbergfietsren tussen Oudtshoorn en Groot Brakrivier ná tien jaar weer gewen het. In die proses het sy met van die voorste Suid-Afrikaanse en internasionale vrouebergfietsryers afgereken. Yolandé se tyd oor die 121 km-lange bergfietsren, wat deur baie as Suid-Afrika se taaiste eendagbergfietsren beskou word, was 5 uur 38:05 minute. Sy het die Attakwas ook in 2008 en 2009 gewen. Foto: ZC Marketing Consulting