Yaron en Bianca hardloop voor

Maurice Wicomb. Foto: Garnett Wicomb

YARON VENTER was Saterdag in ’n tyd van 20 min 39 sek die eerste man oor die eindstreep van die 217de Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed, en Bianca van der Westhuizen in ’n tyd van 23 min 53 sek die eerste vrou.

Thys Jamneck (20:56) was tweede en Christo Theart (23:48) derde. Tarren Jullies (24:18) was die tweede vrou en Rozanne Theart (24:24) derde.

Die 9-jarige Arjen Erasmus (24:49) was die eerste junior by die eindpunt en algeheel negende.
Maurice Wicomb van die Oudtshoorn Amateur Atletiekklub het Saterdag sy 100ste Parkrun agter sy naam geskryf waarvan 92 op Oudtshoorn.

Altesame 68 hardlopers en stappers het Saterdag deelgeneem. Die ander goeie tye was:
Newald Groenewald (23:52), Hans Lareman (24:07), Francois le Roux (24:50), Johann Coetzer (24:59), Albertus Kennedy (25:48), Conrad Jullies (27:13), Thulani Mthembu (27:14), Mauritz Lamprecht (27:28), Pieter DV Keller (27:56), Laetitia Wolmarans (28:20), Kerneels Barnardo (30:27), Radie Lubser (30:59), Annemarie le Roux (31:33).

Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdag by Surval aangebied. Deelname is gratis en oud en jonk is welkom. Die winter wegspringtyd is 08:00.