Louis Fourie (links) het Saterdag se vleispak gewen. Matthew Wilken (naasregs) was tweede en Salie Oosthuizen (regs) derde. By hulle is Jurie Neethling, bestuurslid van die klub. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
Louis Fourie jr het Saterdag ’n lekker pak vleis huistoe gevat nadat hy die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag met ’n telling van 39 punte gewen het.
Matthew Wilken (38) was tweede gevolg deur Salie Oosthuizen, André Plaatjies en Alan Fortuin, al drie met 37 punte, wat op ’n uittel derde, vierde en vyfde was.
Die boerpot is deur Plaatjies en Wilken gedeel.
Llewellyn Rheeder het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan en ook ’n spogtwee hier aangeteken. Dawie Kuhn en Hannes Oosthuizen het ook elk ’n spogtwee op die 12de behaal. Skillie Pretorius het ’n spog-twee op die 3de putjie geslaan.
• Higgo Jacobs het Woensdag, 12 Junie, se klubgholfdag met ’n telling van 37 gewen. Johan Cornelissen, ook met 37, was op ’n uittel tweede.
George Fourie, Frans Celliers en Lollies van Rensburg het al drie 36 punte behaal en was op ’n uittel onderskeidelik derde, vierde en vyfde.
Die boerpot is gedeel deur Etienne Roos en Deon Barnard.
Barries Griebenouw het op die 8ste putjie die naaste aan die pen geslaan en Fourie het op die 12de ’n spog-twee aangeteken.