
DIE Oudtshoorn Munisipaliteit doen vandeesweek opgraderingswerk aan die bestaande waterinfrastruktuur van die dorp. Inwoners word as gevolg hiervan versoek om water spaarsaam te gebruik en ‘n noodvoorraad water byderhand te hou.
Die opgraderingswerk sluit die onderhoud en vervanging van beheerkleppe en pypwerk by die Raubenheimerdam in. As gevolg daarvan sal toevoer vanaf die dam soms onderbreek moet werk. Die werk vind van 17 tot 21 Junie plaas.
“Ons voorsien dat die reservoirs oor genoeg kapasiteit beskik om die dorp gedurende hierdie tyd van water te voorsien, maar inwoners word tog versoek om water spaarsamig te gebruik. As voorsorgmaatreël wil ons voorstel dat ‘n noodvoorraad drinkwater byderhand gehou word,” het die munisipale bestuurder, Allen Paulse, verduidelik.
Hy het inwoners verskoning gevra vir enige ongerief wat tydens die opgradering mag voorkom en hulle by voorbaat bedank vir hul samewerking.