Wouter Roux wen Oudtshoorn Parkrun 354

Wouter Roux (agter), Alida Geldenhuys en Petrus Geldenhuys. Foto: Garnett Wicomb

WOUTER ROUX het Saterdag met sy 166ste deelname aan die 354ste Oudtshoorn Parkrun by Surval met ’n tyd van 26 minute 11 sekondes gewen.

Die veertienjarige Alida Geldenhuys was tweede van die 24 deelnemers en ook die dag se vrouewenner.

Die voorste drawwers was Wouter Roux (26:11), Alida Geldenhuys (26:25), Petrus Geldenhuys (26:30), Mathys Myburgh (30:45), Melanie Fourie (30:53), Gerhard Swart (31:10), P.A Geldenhuys (33:27), Lize-Mari Mostert, (36:26), Ellenore Cronje (37:01), Maurice Wicomb (38:00), Nico Myburgh (39:08), Christine Lowe (41:15), Petra Geldenhuys (45:51), Belinda Muller (46:49), Ria du Preez (47:02), Jolande Watson (47:10), Lizl Veer (47:23), Gerhardus du Preez (48:40), Sinalo Nyakambi (53:23), Elaine Plaatjies (6:05). (Deur Garnett Wicomb)