Garnett kry slegte nuus

Garnett Wicomb, wat vir Suid-Afrika in die 80+-span in Spanje sou gaan deelneem, het slegte nuus oor die toernooi ontvang. Foto: Verskaf

Garnett Wicomb het die week slegte nuus ontvang toe hy deur Tennis Suid- Afrika (TSA) meegedeel is dat die 80+-span wat in Oktober in Spanje aan die ITF Wêreld Seniors Tennis Spankompetisie sou gaan deelneem onttrek is.

Volgens Wicomb het twee van die spanlede onttrek en kon Tennis Suid- Afrika geen plaasvervangers vind nie.

Wicomb sê hoewel dit ’n groot teleurstelling is, het hy die versekering van TSA gekry dat hy hom gereed moet hou vir die volgende wêreldtoernooi wat in Maart 2024 in Turkye aangebied word. (Deur Lindi Brill)