Die Standard Bank Big Bash T20 Vlakkiekriekettoernooi het verlede Sondag, 3 September afgeskop. Die toernooi word deur die Sport Buddy Community Project aangebied. Die krieketspanne wat aan die toernooi deelneem is die Legends, Oukas Sunrisers, Team players, Hunters, Tornado’s, Pro Stars, Firestones en Champs. Die toernooi sal oor twee maande beslis word met wedstryde wat elke Sondag in 7de Laan (die kuil), Leeuweg en Dassieweg plaasvind. Foto: Ebenezer Titus
Vlakkiekrieket skop af
