Windpomp-span wen rolballiga

Die immergewilde besigheidsliga wat deur die Oudtshoorn Rolbalklub aangebied word, en vanjaar deur Van der Berg Vervoer geborg is, het Woensdag, 7 Junie tot ’n einde gekom met die Windpomp-span wat as wenners gekroon is. Na ses weke se opwindende spel op die Oudtshoorn Rolbalbaan het die Windpompe – ’n Oudtshoorn Infanterieskool span – met 11 punte geseëvier, gevolg deur die HCSC Weermag Siekeboegspan in tweede en die span van Du Plessis Volkswagen in derde plekke.

In die foto is die wenners en ander rolspelers. Van links is Wollie Wolmarans, Daniel van der Berg (borg), Lourens Goosen, Rudi Venter (klubpresident), Tjops Venter en Hentie Visser. Die kinders voor kon nie die kans misloop om ook in die foto te wees nie. (Foto verskaf)