Laerskole-rugby van hoogste gehalte op Oudtshoorn gespeel

’n Suide o.13 rugbytoernooi het Vrydag en Saterdag (9 en 10 Junie) op die Hoërskool Oudtshoorn se rugbyvelde plaasgevind en laerskolerugby-aksie van die hoogste gehalte gelewer – amper iets gelyk aan ’n mini-Cravenweektoernooi.

Vyf provinsies se A- en B-spanne het hul staal op Oudtshoorn kom wys, met ’n hele paar jong Oudtshoorniete wat hul streek verteenwoordig het. SWD, WP, OP, Boland en Grens het almal hul beste o.13-rugbyspelers hier byeengebring.

Die plaaslike spelers was Zerwich Westraad (Laerskool Wesbank,SWD A), Arjen Erasmus (Laerskool Wesbank, SWD A), Jeffreyhano Makwatie (Laerskool Wesbank, SWD A), Cameron Botha (Laerskool Laurus, SWD A), Henroux van der Merwe (Laerskool Laurus, SWD A), Rowan Fouché (Laerskool Wesbank, SWD A), Jayden Prins (Saturnus Primêr, SWD B), Hennie Calitz (Laerskool Wesbank, SWD B) en Henrico Maswati (Saturnus Primêr, SWD B).

Die SWD-spanne het hul goed van hul taak gekwyt. Hul tellings was soos volg: SWD B 26 – 12 Grens B, SWD A 19 – 0 WP B, SWD B 10 – 0 OP B, SWD A 19 – 7 Grens A, SWD B 0 – 32 WP B (foto bo links) en SWD A 17 – 7 OP A. Foto’s: Stefan Skapie Goosen