William weer eerste in Oudtshoorn Parkrun

Deelnemers aan die 324ste Oudtshoorn Parkrun spring by Surval Olyflandgoed weg. Foto: Garnett Wicomb

DIE 17-jarige William van Tonder van Langenhoven Gimnasium was Saterdag weer die wenner van die weeklikse Oudtshoorn Parkrun wat elke Saterdagoggend by die Surval Olyflandgoed aangebied word.

Van Tonder was met sy beste tyd tot dusver, 16 minute 56 sekondes, eerste by die eindpunt van die 82 deelnemers aan die 324ste Oudts-hoorn Parkrun.

Mona-Maré Griffioen (30:17) was die vrouewenner.

Saterdag se voorste deelnemers was William van Tonder (16:56), Yaron Venter (20:37), Pieter van der Walt (20:38), Logan Ellis (22:59), Franvois Verwey ( 23:00), Johann Coetzer (24:31), Cobus Diepraam (24;43), Johan Griffioen (24;51), Jeremy Short (26:18), Attie Fortuin (26;55), André du Toit (27:45), Kruge Roeloffze (29:07), Abraham Hendriks (29:37), Mona-Maré Griffioen (30:17), Anton Kock (30:47), Mariana van Zyl (31:00), Edzard Grimbeeck (31:03), Ninke Griffioen (31:06), Zian Broodryk (31:15) en Edzard Broodryk (31:15). (Deur Garnett Wicomb)