Wesbank wen weer

DIE A-span van die Wesbank Tennisklub het Saterdag sy vierde agtereenvolgende oorwinning in die gemengde liga van die Eden Tennisvereniging behaal deur Knysna op Knysna met 4-1 te klop.
Die eersteronde-uitslae is: Pietman Schoeman en Retha Matthee klop Ayanda Nontshinga en Deebra Hyde 7-6, 6-0; Jacques de Beer en Rida Bester k William Rhodes en Mary-Anne Beviss 6-4, 6-3; en John Marais en Christine van Coller k Gert Beyleveld en Tessa Micic 6-4, 6-2.
Die tweederonde-uitslae is: De Beer en Bester k Nontshinga en Hyde 7-5, 7-5; Marais en Van Coller v/t Rhodes en Beviss 5-7, 3-6; en Schoeman en Matthee k Beyleveld en Micic 6-2, 7-6. (Deur Garnett Wicomb)