DIE Eden Tweekampfederasie in same-werking met die Wes-Kaap se Departement van Kultuursake & Sport en die Oudtshoorn Jeugforum het op Woens- dagaand 8 Maart 2023 ’n kapasiteitsbou werkswinkel op Oudtshoorn aangebied – met die klem op dames en spesiale behoefte-persone.
Dit het saamgeval met die Wêrelddag vir Vroue en die onderwerp was positiewe leierskap. Dit was gratis vir alle belangstellendes en daar was ligte verversingspakkies aan alle deelnemers voorsien.
Weens die onvoorsiene beurtkrag [daar moes van ’n kragopwekker gebruik gemaak word] moes die venue skuif vanaf die Eden Sport Akademie na die SWD Krieket Stadion.
Groot dank aan Albertus Kennedy van SWD Krieket wat ons goedgunstiglik geakkommodeer het. Inskrywings moes egter vooraf gedoen word.
Die twee hoofsprekers was Adv Michelle Weyers, bekende sportadministrateur en sportvrou en Hans van der Veen, bekende sportman en sielkundige by die SANW. Die aanbieders was Stephnie McKay [Inskrywings, Programme, Algemene administrasie] en Dave van der Walt [hooforganiseerder]. Die aanbiedinge was prakties aangebied en die nodige skryfbehoeftes is ook voorsien. Dit het ongeveer 2 en ’n half uur geduur. Jean Neethling [DCAS Eden Kantoorhoof] het die verrigtinge geopen en EDEN Tweekamp geloof vir die goeie werk wat hulle doen op ontwikkelingsvlak. Die konferensiesaal was volgepak met 45 dames en spesiale behoefte persone.
Elkeen het ’n bywoningsertifikaat ontvang. Die organiseerders is egter tevrede met die opkoms en het heelwat positiewe terugvoering gekry. Die oop gesprek aan die einde het wonderlike geleenthede geskep vir die teenwoordiges. Daar is ook voorsiening gemaak om ten minste twee van die groep na ’n World Cup Netball aksie te stuur.
Wêreld Vrouedag op gepaste wyse gedenk deur Eden Tweekamp
’n Oomblik tydens verrigtinge. Foto verskaf