Rolbalkampioene in SA Vroue-veterane interdistrikstoernooi op Oudtshoorn gekroon
Die 2023 Rolbal SA Vroue-veterane Interdistrikstoernooi het Maandag (6 Maart) by die Oudtshoorn Rolbalbaan afgeskop. 160 spe-lers van 20 distrikte regoor die land het heel week op Oudtshoorn meegeding, met die finale rondte wat Vrydag (10 Maart) plaasgevind het. Links is die span van Boland wat hul teenstanders van Port Natal in die eind-rondte uitgeklop het om as kampioene gekroon te word. Die spelers van die kam- pioenskap het op Oudtshoorn gebly, plaaslike gastehuise ondersteun en ook by plaaslike restaurante gekuier - ’n groot finansiële inspuiting vir die dorp. Foto verskaf