DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) se lede het hul wedvlugduiwe Saterdag (7 Augustus) op Kimberley in die Noord-Kaap losgelaat.
Padlangs, met die N12, is Kimberley sowat 670km van Oudtshoorn af, maar die duiwe vlieg taamlik reguit huis toe wat daarop neerkom dat hulle ’n afstand van tussen 580 en 588 km aflê.
Volgens Christo Senekal van die OPK het die “manne” goed gedoen. “Daar was Saterdag nie genoeg duiwe terug nie, en die manne moes maar Sondag verder klok,” het hy gesê.
In wedvlug 19 het die Raubenheimer Broers die voortou geneem, terwyl George Erasmus wedvlug 20 se wenner was.
Wedvlug 19-uitslae: Raubenheimer Broers – 1, 7, 8, 9, 18, 22 en 25; Erasmus – 2, 12, 16, 20, 28 en 29; Klein Karoo Lofts – 3, 4, 5, 6, 13, 24 en 27; Hannes Smit – 10 en 14; Johan de Jager – 11, 17, 19, 21, 23 en 26; en Ockie@Abe – 15 en 30.
Wedvlug 20-uitslae: Erasmus – 1, 4, 12 en 18; Raubenheimers – 2, 3, 7, 8, 9 en 23; Klein Karoo Lofts – 5, 13, 14, 15, 16, 17, 21 en 24; De Jager – 6, 10, 22 en 28; Smit – 11; Charl Erasmus – 19, 25 en 26; en Ockie@Abe – 20 en 27. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Wedvluguitslae van Kimberley
Albertus (links) en Kobus Raubenheimer.