GEBORE Oudtshoorniet en oud-Struisie Erik van Rooyen (31) het Sondag (8 Augustus) oor die laaste drie putjies van die Barracuda Toernooi in Kalifornië twee voëltjies aan-geteken om sy eerste PGA-oorwin- ning te behaal.
Van Rooyen het spelers soos Andrew Putnam en Scott Piercy, wat tweede en derde plekke behaal het, by die Tahoe Mountain Club se Old Greenwoodgholfbaan uitgestof.
Die toernooi is op die gemodifi-seerde Stableford-formaat gespeel, wat volgens kenners meer “aggres-siewe” spel aanmoedig.
In hierdie formaat is die doel om met die hoogste telling te eindig. ’n Arend – waarvan Van Rooyen een op die agtste putjie geslaan het – tel byvoorbeeld vyf punte, terwyl ’n voëltjie – waarvan hy altesame ses geslaan het – twee punte tel.
Spelers verloor een punt vir een hou oor syfer (bogey) en drie punte vir twee syfers oor of erger.
Van Rooyen se eindtelling was plus-50, met Putnam op plus-45 en Piercy op plus-44.
Van Rooyen het in 2008 aan die Hoërskool Oudtshoorn gematriku-leer, en in 2009 na die VSA vertrek om te gaan studeer aan die Universiteit van Minnesota. Hy het daar gegradueer.
Tydens sy skoolloopbaan, in 2007 en 2008, het hy nasionale kleure ontvang en Suid-Afrika verteenwoordig in ’n toernooi teen Holland.
Sy alma mater het vandeesweek op Facebook gespog met Van Rooyen se mylpaal, en geskryf hoe “super trots” die skool op hom is. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Eerste PGA-wen vir O’hoorn se Erik
Erik van Rooyen lig die trofee wat hy in 2019 in Gothenburg, Swede, by die Skandinawiese Uitnodigingstoernooi gewen het. (Foto Facebook)