Kollegas eer ontslape munisipale werknemer
Kollegas wat saam met die ontslape Jacky September (42) by die munisipale reinigingsdienste op Oudtshoorn gewerk het, het Saterdag (7 Augustus) hul laaste eer aan hom betoon met ’n erewag by die ingang na die Oudtshoorn Begraafplaas. September was ook ’n oud-rugbyspeler van die Bridgton Rugbyklub. Hy het op 22 Julie in die Mediclinic Klein Karoo aan Covid-19-verwante komplikasies gesterf. Foto: Garnett Wicomb