LEDE van die Oudtshoorn Posduifklub (OPK) het hul wedvlugduiwe Saterdag (15 Oktober) op Hopetown in die Noord-Kaap losgelaat, in die laaste wedvlug van die seisoen.
Die span van Ockie@Abe se duiwe het goed vere in die oë van al hul teenstanders gevlieg, en ’n eerste en derde plek in wedvlug 35 behaal.
Een van Anton Janse van Rensburg (JvR) se duiwe was tweede.
Night Drop Racers (NDR) se duiwe het byna skoonskip gemaak in wedvlug 36 en tweede-, derde- en vierde-plek ingepalm, maar ’n enkele duif van Dirk Greeff Lofts (DGL) het hul uitoorlê en eerste tuis geklok.
Wedvlug 35-uitslae: Ockie@Abe – 1, 3, 8, 19 en 21; JvR – 2, 14, 15 en 20; Thelma’s Loft – 4 en 9; DGL – 5, 12, 13 en 24; NDR – 6, 7, 10, 11, 16, 17, 22 en 23; Hannes Smit – 18.
Wedvlug 36-uitslae: DGL – 1, 7, 9, 17 en 24; NDR – 2, 3, 4, 8, 14, 15, 16, 21 en 22; Smit – 5; Ockie@Abe – 6, 12 en 18; Thelma’s – 10, 11, 20 en 23; JvR – 13 en 19.
Wedvlugduiwe vlieg van Hopetown
Só lyk dit wanneer wedvlugduiwe losgelaat word. Hierdie foto is tydens ’n vorige wedvlug geneem. (Foto verskaf.)