Twee van Sacred Heart haal SWD-span
Hierdie twee leerders van Sacred Heart Primêr is onlangs opgeneem in afsonderlike o.12 SWD Rugbyspanne. Van links is Rowan Fouché, onderkaptein van die SWD o.12 A-span; Wayne Julies, rugby-afrigter van Sacred Heart; en Eejay Jackson, o.12 C-span. Beide het SWD reeds verteenwoordig in toernooie wat tydens die Oktober-vakansie gehou is. Foto verskaf