
ALTESAAM 70 drawwers en stappers het Saterdag aan die 307de Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed deelgeneem wat gewen is deur Pieter Gers met ’n nuwe persoonlkike beste tyd van 20 minute 34 sekondes.
Die 17-jarige Zack Botha was met sy persoonlike beste tyd van 21 minute 17 sekondes tweede en Heinrich Bojé (21:32) in die derde plek.
Johann Coetzer het Saterdag sy 251ste Parkrun voltooi nadat hy die mylpaal van 250 Parkruns die vorige Saterdag op Mosselbaai bereik het.
Na die voorste drie deelnemers was Stiaan van Wyk (23:36), Callan du Plessis (24:08), Johann Botha (2:07), Johann Coetzer (24:10), Phillip du Plessis (26:18), Pieter Fourie (26:35) en Hoon Hannes (27 04) Saterdag se vinnigste deelnemers. (Deur Garnett Wicomb)