
Die inwoners van die Caves Aftreeoord is vir die oord se 15de verjaardag lekker onthaal!







DIE Caves Aftreeoord het Saterdag (15 Oktober) sy 15de verjaardag met ’n heerlike driegang-middagete gevier, terwyl die veelsydige Charlie Nunn musiek gemaak en gesing het, die komediant Cornell Carstens, alias Magdel Myburgh, die lagspiere geprikkel het en Bertine Malan ’n boodskap van hoop aan inwoners gebring het.
Dié mooi aftreeoord langs die Kango Grotte-pad buite Oudtshoorn het ontstaan toe die Klein Karoo Fonds (KKF) in 2005 die ou Caves Motel gekoop en in Maart 2006 met bouwerk aan die aftreeoord begin het.
In Maart 2007 is die sleutel van die eerste huis aan wyle Hannes Venter oorhandig.
Volgens Bets Wilkinson, algemene bestuurder, het die Caves Aftreeoord 125 inwoners wat in 92 huise en woonstelle woon of in die siekesorg-eenheid opgeneem is. Sy sê dit was vir almal baie lekker om na die Covid-19-inperking weer te kon saam kuier en ontspan.
Die lede van die trusteeraad is Alie Killian, Liesl Neethling, Christelle Meyer en Deon Haasbroek met Gerald Silkstone, Sessily Klue en EP van Louw wat die inwoners verteenwoordig.