Vrouedagwedlope

Deur Garnett Wicomb
Mans is welkom om deel te neem aan die jaarlikse Vrouedagwedlope (10 km en 3 km) wat op Woensdag, 9 Augustus, op Vrouedag plaasvind.

Die wegspring is om 08:00 en die eindpunt is by die nuwe Klein Karoo Agri-vulstasie in Parkweg waar die prysuitdeling ook om 10:00 sal plaasvind.

Die eerste tien vroue in die 10 km wedloop ontvang almal goue medaljes en die wenner R300. Die volgende 50 atlete (mans en vroue) kry silwer medaljes en die volgende 100 brons medaljes.

In die 3 km-wedloop ontvang die eerste 50 atlete brons medaljes.

Inskrywingsgeld vir die 10 km is R55 vir gelisensieerde atlete en R90 vir ongelisensieerde atlete. Vir atlete wat die oggend van die wedloop inskryf, kos dit ’n bykomende R10.

Inskrywingsgeld vir die 3 km is slegs R20.

Atlete kan aanlyn by www.entryonline.com inskryf of by Tekkie Town, Top Gear Sport en die Sportcentre op George inskryf.

Die sluitingsdatum vir voorafinskrywings is Saterdag, 5 Augustus. Al die deelnemers kom in aanmerking vir die gelukkige trekkings om een van ses geskenke ter waarde van R400 te wen.

Laatinskrywings kan die oggend van die wedloop van 07:00 tot 07:45 by die wegspringplek gedoen word.