Pietie Mooney (links) wat Saterdag die wenner van die vleisdagkompetisie was, ontvang ’n lekker groot pak vleis wat deur WM Badenhorst van die Oudtshoorn Gholfklub aan hom oorhandig word. Foto: Higgo Jacobs
Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse Vleisgholfdag Saterdag is deur Pietie Mooney met ’n goeie telling van 43 punte gewen.
Altesame 59 spelers het deelgeneem aan die vleisdag wat deur Oudtshoorn Spar geborg is.
’n Besoeker, R Jansen (42 punte) was tweede gevolg deur Deon van Dyk (41), Deon Barnard (40) en Higgo Jacobs (39).
Mooney het met 12 punte ook die boerpot ge-wen. Barnard was op die 12de putjie naaste aan die pen. Spogtwees is behaal deur Kobus Griebenouw (3de), R Jansen (3de) Winston Coerecius (3de en 8ste) en William Malgas (15de).
• Terry van Coller en Fanie Greeff het Woensdag, 19 Julie, se gekombineerde stableford, met ’n telling van 73 punte gewen. Anton Kok en Anne-line Badenhorst (70) was tweede gevolg deur Garth Matthews en William Malgas (69) en Paul Stroebel en Hannes Oosthuizen (65).
Ockie Horowitz was op die 15de putjie naas-te aan die pen en Francois Verwey en Malgas het elk ’n spogtwee op die 3de geslaan.
Ben du Preez berig dat Saterdag (29 Julie) se gholfdag, ’n vierbalalliansie, ten bate van die Laerskool Laurus is. Spanne met drie spelers kan inskryf. Elke span sal saam met ’n “sport-legende” speel. Die sportlegendes besoek Laurus môreaand saam met Wicus van der Mer-we. Inskrywingsgeld is R150 per speler.
Die Gholfdag begin om 10:30 by die Oudtshoorn Gholfklub.