Altesame 67 hardlopers het Saterdagoggend se koue getrotseer om aan die 119de Oudtshoorn Parkrun by Surval noord van Oudtshoorn deel te neem. Greens Groenewald van Outeniqua Har-riers was die wenner in 21min 24sek met Quintus Williams (Atlantic) tweede en Johan Coetzer (ASWD Nedbank) derde. Linelle Groenewald (Outeniqua Harriers) was in 24:31 die vrouewenner en algeheel 7de. Jarred Coetzee (o.14) was die eerste junior by die wenpaal.